Afrika-lande moet dieselfde energie op die vasteland se vergrype insit

Die volksmoordsaak van Suid-Afrika teen Israel by die Internasionale Geregshof is in die nuus met Suid-Afrika wat vandag die hof toespreek. Die kenner in Afrika-sake, professor Nixon Kariithi sê dat terwyl dit bemoedigend is dat Afrika-lande die Palestyne ondersteun, moet hulle dieselfde energie insit in sake op die vasteland wat die oorlog en menseregte vergrype in Sudan insluit.