Gekaapte geboue kry aandag in Tshwane

Tshwane se raad sê sy plan om die probleem van gekaapte geboue teen te werk, is goed op dreef. Volgens die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kingsley Wakelin, hoop die stad nou om die howe te gebruik om eiendomme uit te koop of te onteien. Hy meen die kwessie van gekaapte geboue het begin as gevolg van mense wat na die metro gestroom het om werksgeleenthede te soek: