Lawa bereik Ysland se Blue Lagoon
Die parkeerterrein by Ysland se wêreldbekende Blue Lagoon is deur lawa verswelg, nadat ‘n nabygeleë vulkaan die sewende keer in minder as ‘n jaar uitgebars het. Hotelgaste en nabygeleë huise is ontruim maar volgens owerhede is daar geen bedreiging vir lugvaart in die streek nie. Daar was vir 800 jaar voor 2021 geen vulkaniese aktiwiteit in die Reykjanes-skiereiland nie. Seismoloë sê ‘n foutlyn wat reeds lank dormant onder die landskap lê, is nou aktief.