Geingob vlieg eers Sierra Leone toe voor VSA-Afrika-beraad

President Hage Geingob vertrek vanmiddag om vyf-uur vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na die hoofstad van Sierra Leone, Freetown. Hy is deur President Julius Maada Bio uitgenooi om Sierra Leone te besoek, voordat Geingob na Washington DC in die VSA sal reis om die Amerikaanse-Afrika Leiersberaad by te woon. Amerikaanse President Joe Biden het Afrika-leiers uitgenooi na die VSA-Afrika Leiersberaad wat vanaf 13 tot 15 Desember sal plaasvind. Geingob sal na die beraad vergesel word deur senior staatsamptenare en verteenwoordigers van die private sakesektor.