COPE: Maak gereed vir ‘n Swart Kersfees in SA

Die Congress of the People sê Suid-Afrikaners moet gereed maak vir ‘n Swart Kersfees aangesien Eskom bankrot is. Die party het President Cyril Ramaphosa en die minister van finansies, Enoch Gondogwana, versoek om dringend in te gryp om ‘n algehele verduistering te voorkom. COPE se woordvoerder, Dennis Bloem, sê hierdie verwoestende beurtkrag raak alle fasette van die samelewing en die land gaan binnekort verval in ‘n algehele verduistering.