Geingob sluit aan in Glasgow

Die internasionale nuustoneel gaan die volgende twee weke oorheers word deur die 26ste Verenigde Nasies se klimaatsveranderingskonferensie of te wel COP26. Die Britse LP, Alok Sharma is die president. Die presidentskap roteer tussen vyf streke. Sharma het op ‘n positiewe noot begin met die woorde “Ons weet wat ons moet doen, kom ons doen dit”. President Hage Geingob woon ook die konferensie by. Hy het in Glasgow aangesluit by minstens 25 000 wêreldleiers, onderhandelaars, aktiviste, afgevaardigdes en joernaliste van 200 lande wat die konferensie bywoon.