SAOG: Olifantkwessie moet ‘n prioriteit by COP19 Cites wees

Die SAOG-streek eis dit is in openbare belang dat besprekings oor die olifantkwessie by die COP19 Cites-beraad in Panamastad, Panama, moet oorheers. Namibië ondersteun vir Zimbabwe in sy voorstel dat die handel in rou ivoor van olifante van Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe toegelaat word. Sleutelkwessies vanuit ‘n SAOG-perspektief sluit in spesies soos olifante en seekoeie, asook gemeenskapsbestaan. Die Zambiese toerismeminister, Rodney Sikumba, sê namens SAOG besluite vir die lysting van bedreigde spesies moet op ‘n wetenskaplike basis plaasvind. Sikumba sê die SAOG-streek is die tuiste van meer as 80 persent van die Afrika-olifantbevolking, meer as 75 persent van die wêreld-renosterbevolking, en meer as 70 persent van die Afrika-leeubevolking. Hy sê die SAOG is tans die enigste streek waar hierdie bevolkings stabiel is of toeneem.