Geingob sê Namibië ervaar reeds impak van klimaatsverandering

President Hage Geingob het die COP26-beraad toegespreek in Glasgow. In sy mening, is klimaatsverandering ‘n globale uitdaging en Namibië voel reeds die impak van ‘n warmer aarde. Geingob het dit so verwoord.

Geingob sal vandag meer inligting verskaf oor sy regering se samewerking met die privaatsektor vir die ontwikkeling van groen waterstof-energie.