Geingob se kommentaar oor onderwys lok hewige reaksie uit

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur president Hage Geingob wat sê dat opvoeding en onderwys die skuld dra vir die hoë werkloosheidsyfers in die land. Geingob het Swapo se lofliedere gesing by die herdenking van Wêreld Kinderdag en sê Swapo het toegang tot onderwys bewerkstellig en nou is daar nie werk nie omdat almal opgevoed is. Kenners meen die uitdagings is eerder die feit dat daar geen ontwikkeling en dus, beskikbare poste in die land, 33 jaar na onafhanklikheid is nie. Activis Michael Amushelelo stem saam.