Geingob sê haatspraak is groot uitdaging

President Hage Geingob het sy kommer uitgespreek oor toenemende haatspraak, plaaslik en internasionaal. In sy mening verhoed dit samewerking en vreedsame oplossings vir konflik. Wantroue neem ook toe en hy sê dit moet dringend aangespreek word. Dit was ook volgens hom, die doel van die nasionale beleid van versoening wat net na onafhanklikheid plaaslik ingestel is. Haatspraak verhoed ook dat menslike empatie en deernis na vore kom. Haatspraak raak ‘n groter uitdaging regoor die wêreld met ultra-konserwatiewe bewegings wat meer gewild raak, sowel as verregse, rassistiese bewegings. Sosiale media maak die uitdaging groter om te beheer.