Geingob sê dit het goed gegaan by Davos

President Hage Geingob en sy afvaardiging wat besoek afgelê het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gee op die oomblik terugvoer oor die besoek. Die land se groenwaterstof projekte is volgens Geingob uiters suksesvol bemark.

Geingob is onder druk om te verseker dat beleggings wel uit die besoek materialiseer omdat dit die soveelste oorsese besoek is wat hy onderneem het. Kenners meen die grootste uitdaging tot op hede, is die onsekerheid rondom die regering se beleggingsbeleid, wat steeds nie afgehandel is nie.