Geingob sê 2023 is die jaar van herlewing

President Hage Geingob sê in sy Nuwejaarsboodskap Namibië het rede om vorentoe te kyk met optimisme en ‘n hernieude gevoel van ‘n verbeterde ekonomiese situasie in 2023, en daarna. Hy sê in hierdie opsig is die land nou ekonomies gesonder en met beter vooruitsigte as die onlangse verlede. Sy hoop lê in die groenwaterstof-projekte en die ontdekkings van potensiële reuse-oliereserwes aan die kus van Namibië in die Oranjekom naby Lüderitz deur Qatar Energy, Shell en Total Energies. Hy sê dit sal die ekonomiese landskap en die welstand positief vir Namibiërs verander. Hierdie ontdekkings word die afgelope dekade onder die top-20 wêreldwyd gereken. Die President wens alle Namibiërs ‘n voorspoedige 2023, die jaar van herlewing, toe.