Geingob prys Swapo se ‘visioenêre leierskap’

Die Namibiese Weermag het sy eerste opperbevelvoerder militêre parade ooit by die Luitenant-Generaal Dimo Hamaambo-garnisoen in Grootfontein gehou, wat ‘n 21-kanon saluut ingesluit het. Tydens die geleentheid het die president en opperbevelvoerder van die Weermag, dr. Hage Geingob, die magte geloof vir hul rol tydens die onafhanklikheidstryd. Hy het bygevoeg dat Namibië dankbaar moet wees vir Swapo se “visioenêre leierskap”.