Geingob praat reguit en eerlik oor uitdagings
President Hage Geingob het ‘n uitgebreide onderhoud gehad met die Al Jazeera nuuskanaal. Hy het eerlik gepraat oor sy kommer oor of die olievonds werklik enigiets vir Jan Alleman sal beteken en het ook die kwessie van grondhervorming in die land aangespreek.
Hy was ook reguit oor die uitdagings wat onderwys, en gegradueerde jeug in die gesig staar.