Geingob konsulteer vandag met koning Mswati III

President Hage Geingob, in sy hoedanigheid as die voorsitter van die SAOG-liggaam vir politiek, verdediging en sekuriteit, sal vandag besoek aflê in Eswatini. Hy sal vergader met koning Mswati III en die implementering van SAOG-besluite rakende Eswatini bespreek. Daar word verwag dat hy vandag weer sal terugkeer.