Lutombi (uiteindelik) as Whk-stadshoof aangestel

Na twee jaar sonder ‘n hoof uitvoerende beampte het die lynminister, Erastus Uutoni die aanstelling van Conrad Lutombi as stadshoof by die Windhoek-munisipaliteit, goedgekeur. Die aankondiging kom na die vakbond vir werkers van plaaslike owerhede in Namibië, Nalawu, die week die Teenkorrupsie-kommissie gevra het om die werwingsproses wat deur Stad Windhoek benut is vir ‘n uitvoerende hoof, te ondersoek. Die vakbond sê die tussentydse uitvoerende hoof George Mayumbelo het ingemeng in die proses en hy het dokumentasie om die aantyging te staaf. Die stadsraad se voorsitter en burgemeester van die hoofstad, Sade Gawanas, het op 12 Oktober gesê die proses is hersien en daar is bevind dat daar nie ongerymdhede was nie. Lutombi is tans die uitvoerende hoof van die Padowerheid.