Geingob kan sê wat hy wil maar, so ook die analiste wat hy kritiseer

Reaksie word ontvang op President Hage Geingob wat weer oor die naweek uitgevaar het teen veral senior politieke analiste wat die regerende party kritiseer. Hy het by die party se Ouderlingeraad-kongres gesê toegewyde kaders moet bly en die wat ‘moeg’ is, moet waai. Frederico Links van Action Coalition sê die ontleders praat oor kwessies wat mense raak.