Geingob het kommer oor plaaslike impak van onluste

Namibiese President Hage Geingob het gesê die geweld en plundering wat in Suid-Afrika plaasvind, sal ‘n enorme impak op Namibië hê. Hy het sy simpatie met Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Naledi Pandor, tydens haar welwillendheidsbesoek aan Namibië uitgespreek. Geingob het bevestig die vervoerbedryf ly reeds en dat die vervoer van sommige goedere reeds gestaak is.