Angela besoek Biden vandag

Die Duitse bondskanselier, Angela Merkel bring vandag haar 19de en waarskynlik laaste ampsbesoek aan Amerika. President Joe Biden sal die vierde Amerikaanse president wees met wie sy samesprekings voer. Die 66-jarige Merkel tree later vanjaar uit.