Geingob hervat pligte ná Covid

Die situasie by die Staatshuis in Namibië was die afgelope paar dae kommerwekkend, veral met die aantal Covid-sterftes van personeel. Kosmos 94.1 Nuus wou weet of die situasie nou onder beheer is. Die woordvoerder van die Presidensie, dr. Alfredo Hengari, het aan Komos 94.1 Nuus gesê die situasie is onder beheer.

Dr. Hengari het ook die land op hoogte gebring oor die stand van die President Hage Geingob en sy vrou Monica Geingos wat albei herstel het, en die President sal na verwagting vandag sy pligte hervat.