Geingob en PDM woon Hichilema inhuldiging by

President Hage Geingob vertrek nou na Lusaka, Zambië om die inhuldiging van die nuwe Zambiese president, Hakainde Hichilema by te woon. Die leier van die PDM-party McHenry Venaani is ook uitgenooi en woon dit by saam met sy skaduminister van handel, Geoffrey Mwilima. Hichilema het 59 persent van die stemme verower, met meer as 2,8 miljoen stemme op hom verenig teenoor die 1,8 miljoen stemme wat President Edgar Lungu ontvang het. Dit was die sesde keer dat die leier van die United Party for National Development aan die verkiesing deelneem.