Geheimhouding van voordele is nonsens

Stad Windhoek kom onder skoot vir die geheimhouding van voordele vir senior bestuurders. Die munisipaliteit werk met openbare fondse maar meen die inligting moet konfidensieel bly. Die kenner in regeringsbestuur dr. Marius Kudumo sê dit is nonsens.