Geen wedstryde op Sam Nujoma nie – Stad Whk

Daar is berigte op sosiale media dat daar in die komende naweek vier premierliga sokkerwedstryde by die Sam Nujoma-stadion in die hoofstad gespeel sal word. Dit is blykbaar deur die Namibiese Sokkervereniging bekend gemaak. Die stadion is reeds meer as ‘n jaar nie in gebruik nie omdat dit nie deur die Stad in stand gehou is nie en dit voldoen nie aan Fifa of CAF-standaarde nie. Stad Windhoek het bevestig dat daar geen wedstryde gespeel sal word nie. Die stadion het strukturele uitdagings wat aangespreek moet word. Die Sam Nujoma-stadion is in April 2005 voltooi teen ‘n koste van 64 miljoen Namibiese dollar.