Geen voordeel in lae olieprys nie, rand is te swak

Die lae Brent ru-olieprys, wat op die oomblik rondom 97 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel en in die afgelope sewe dae met amper 5 persent teruggesak het, hou geen voordeel vir Namibiese verbruikers in nie omdat die rand so swak vertoon. Op die oomblik verhandel die rand en Namibiese dollar teen meer as 17 teenoor die Amerikaanse geldeenheid wat enige verligting uitwis. Mally Likukela, ‘n plaaslike ekonoom verduidelik.