Geen volstrekte meerderheid in Maleisiese verkiesing

Die hoof-opposisieleier in Maleisië, Anwar Ibrahim, is ná vergaderings om sy koalisie te versterk, optimisties dat hy ‘n regering sal kan vorm met. Sy Pakatan Harapan-koalisie het 82 setels gekry. Geen politieke party het ‘n volstrekte meerderheid van 112 setels in die algemene verkiesing behaal nie. Dit is die eerste keer in die land se politieke geskiedenis. Die onbesliste uitslag hou niks goeds in vir politieke stabiliteit in die land nie. Die land het in drie jaar drie eerste ministers gehad. Enorme korrupsie, hoofsaaklik plundering van miljarde dollar van die Maleisiese ontwikkelingsfonds het vertroue in die heersende party, UMNO, geknou. Die voormalige premier Najib Razak is vroeër vanjaar 12 jaar tronkstraf vir korrupsie opgelê.