Geen uitsluitsel oor Kunene-salarisse nie

Werknemers by die Kunene-streeksraad win op die oomblik regshulp in omdat hulle steeds nie betaal is nie. Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sê die fondse vir salarisbetalings is reeds op 21 Desember oorbetaal aan die raad. Die raad het volgens berigte beslis om nie salarisse te betaal nie en die besluit is reeds op 14 Desember gemaak omdat die minister, Erastus Uutoni ‘n hofgeding het oor die heraanstelling van die hoof streeksbeampte, George Kamseb. Dit is nie duidelik wat vorentoe gaan gebeur nie omdat die betrokke vakbond sê daar is op 6 Januarie ‘n vergadering maar die voorsitter van die raad, Hendrik Gaobaeb sê daar is eers op 31 Januarie vergader sal word.