Geen skietwerk aan die kus vandag nie

Swakopmunders is verlede week Vrydag tydens etenstyd geruk deur ‘n ontploffing wat in en om Swakopmund gehoor is. Die ontploffing was weens skietwerk wat deur Nam Ex by Namibia Construction se steengroef net buite die dorp op die C34-pad uitgevoer is. Dit is deur Namibia Construction bevestig. Die skietwerk was eers vir die vorige dag beplan maar het nie plaasgevind nie. Talle inwoners het gekla oor veral die impak op hul diere. Daar was onbevestigde berigte dat daar vandag weer skietwerk sou plaasvind maar, Riaan Coetzee van Namibia Construction het bevestig daar is geen sulke planne nie.