Geen rede vir agterdog in ‘vermiste’ Hou-dossier nie

Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab sê daar is geen agterdog nodig in die dossier van die vermeende wildlewe smokkelaar Hou Xeucheng was blykbaar vermis was nie. Sy sê ‘n spesiale hof om die agterstand in sake in die Windhoek-streekshof aan te spreek is geskep en al die hangende sake van drie howe in Katutura is oorgeplaas na Windhoek toe. Die betrokke saak het op 15 September in Windhoek voorgekom en die dossier, wat saam met talle ander dokumente moes oorgedra wees, is nie vanaf Katutura vervoer nie. Dausab sê na die landdros die saak uitgegooi het is dagvaardigings onmiddellik vir Hou en sy medebeskuldigde Hamutenja Hamutenya uitgereik en hulle sal op 7 November weer verskyn. Die twee is in Junie 2014 in hegtenis geneem in besit van 54 kilogram ivoor ter waarde van amper 600 000 Namibiese dollar. Die staat het verskeie ander klagte teen Hou bygevoeg in verband met ander datums en die besit van verskeie velle sowel as ‘n ietermagô-vel. Hou is drie keer, terwyl hy op borg vrygelaat was, vir dieselfde oortreding van die onwettige handel in wildlewe produkte, weer gearresteer en tog, het hy weer borg, die keer van 100 000 Namibiese dollar, bekom.