‘Geen rede tot kommer oor onluste in Wes-Kaap’

Die Wes-Kaapse regering sê daar is in hierdie stadium geen rede tot kommer oor moontlike onrus in die provinsie volgende week nie. Die Provinsiale Rampbestuursentrum is bewus van berigte op sosiale media asook sommige mediakanale wat waarsku daar gaan op 23 Augustus hernude onrus wees. Die woordvoerder van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, sê die sentrum hou die situasie in die Wes-Kaap dop en daar is tans geen bewyse vir die waarskuwings nie.