Geen op-die-hoef-uitvoere na SA nie

Die direktoraat veeartsenydienste in die Namibiese landbouministerie het die uitreik van gesondheidsertifikate vir die uitvoer van beeste op die hoef na Suid-Afrika opgeskort. Dit volg nadat Suid-Afrika die verlede week ‘n verbod op die beweging van bees afgekondig het in ‘n poging om die talle bek-en-klouseer-uitbrekings in die land onder beheer te bring. Alleenlik diere wat na geregistreerde abattoirs vervoer word, word toegelaat. Suid-Afrika is Namibië se grootste mark vir die uitvoer van speenkalwers op die hoef. Hulle word oudergewoonte aan voerkrale verkoop.