Geen nuwe skole nie, eers bestaandes vol kry

Curro, wat Windhoek Gimnasium in Namibië besit, het skielik rem getrap met die bou van nuwe skole of die verkryging van ander skole. Die privateskolegroep se primêre doelwit is nou om sy bestaande skole vol te kry. Die groep benut nou sowat 70 persent van bestaande skole se voltooide kapasiteit, maar slegs 60 persent van die uiteindelike kapasiteit van al sy skole. Die 70 persent is onveranderd sedert 2019, hoewel dit in 2020 effens tot 67 persent gedaal het. Met ’n totaal van 178 skole het Curro die afgelope ses maande slegs een skool meer as in 2020.