Geen kommer oor ANC-eenheid en Ace se verwydering nie

Die ANC sê hy is nie bekommerd die party gaan verdeel wees oor die verwydering van Ace Magashule nie. Die voormalige sekretaris-generaal is uitgeskop nadat hy skuldig bevind is aan die oortreding van die party se reëls en sy grondwet. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê hulle glo niemand is bo die organisasie verhewe nie: