Geen insulien vir Walvis se staatspasiënte nie

Daar is berigte vanuit Walvisbaai dat die staatshospitaal geen voorraad van insulien het nie, wat uiters gevaarlik is vir staatspasiënte met diabetes. Privaat kos die medikase meer as 1 000 Namibiese dollar wat onbekostigbaar is vir die meerderheid. Namibië het ‘n baie hoë voorkoms van die siekte. Kosmos 94.1 Nuus het met die gesondheidsministerie se uitvoerende direkteur Ben Nangombe gepraat wat sê hy het nog nie klagtes ontvang nie. Hy het onderneem om ondersoek in te stel en terugvoer te gee.