Geen geslagsuitdagings met verkiesing nie

Die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Geslagsgelykheid het nie enige bewyse van óf sistemiese en sistematiese diskriminasie óf die belemmering van enige Suid-Afrikaanse burger op grond van geslag tydens die plaaslike regeringsverkiesing gevind nie. Die kommisie het ‘n span van 50 geslags-diverse-verkiesingswaarnemers oor die hele land ontplooi. ‘n Woordvoerder, Javu Baloyi, sê hulle wil die verkiesingskommissie loof vir die ontplooiiing van ‘n span geslags-diverse verkiesingsbeamptes: