Geen deursigtigheid in kleinhandelaars se prysstygings nie

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika sê daar is geen deursigtigheid in die prysstygings van kleinhandelaars nie. Die kommissie se verslag oor monitering van noodsaaklike voedselpryse toon dat daar geen ooreenstemming was in die styging en afname van voedselpryse met betrekking tot inflasie nie. Kookolie het ‘n kleinhandelstyging van tot 40 persent getoon, maar die prys van sade het dieselfde gebly. Die kommissie vergelyk die teenstrydigheid met die “vuurpyl- en vere-effek” wanneer pryse baie vinnig styg en baie stadig daal.