Geen dassies mag gejag word nie

Mongolië het ‘n drie-jaar verbod op die jag van dassies in die land ingestel. Volgens die land se ministerie van omgewingsake is dit in ‘n poging om te keer dat builepes na mense toe versprei en om die stand van die dassie-bevolking in die land te bepaal. Builepes is dodelik vir mense en kan binne 24 uur die dood veroorsaak. Die word versprei deur vlooie op die diere.