Geellintfees vanmiddag vir kankervereniging in hoosfstad

Vier Namibiese gesinne hoor elke week dat hul kind kanker het. Dit is volgens die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen. In ‘n poging om kinderkanker in Namibië te beveg, het Alexforbes Namibia 70 000 Namibiese dollar aan die kankervereniging geskenk wat gebruik sal word om die Geellintfees ‘n werklikheid te maak. Die fees bestaan uit ‘n 5 km-pretloop wat vandag om drie-uur begin met ‘n jazzkonsert wat by die DTS-sportklub in Windhoek gehou word. Kaartjies kos 150 dollar vir volwassenes en is gratis vir kinders onder sewe. Diegene wat nie aan die pretloop wil deelneem nie, kan om ses-uur aansluit vir ‘n jazzkonsert saam met Lize Ehlers. Gerhardus Lusse die projekkoördineerder by die Kankervereniging van Namibië het met Kosmos 94.1 nuus gesels.