Geëlektrifiseerde heinings eis talle kleiner diere
Geëlektrifiseerde heinings het ‘n impak op wild wat dikwels doodgeskok word. Die meeste diere wat groter as ’n impala is, kan die impak van die elektriese skok weerstaan indien hulle aan die draad sou raak, maar kleiner diere wat minder as 50 kilogram weeg, soos springhase en steenbokke, is nie so gelukkig nie. Ietermagôs is weer geneig om die draad met hul maag, wat nie met skubbe bedek is nie, te tref. In reaksie draai hulle hulself in ’n kenmerkende bolletjie toe – reg om die draad – en word só voortdurend geskok terwyl hulle daarin vassit. Wêreld-Ietermagôdag word vandag herdenk, ook in Namibië.