Gedwonge inentings in VSA aangekondig

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê sy arbeidsdepartement is besig om ‘n noodmaatreël op te stel wat vereis dat alle werkgewers met meer as 100 werkers, sal moet toesien dat hulle volledig teen Covid-19 ingeënt word, of minstens een maal per week ‘n negatiewe toets toon. Bykans 80 miljoen Amerikaners is nog nie teen Covid-19 ingeënt nie. Biden het ‘n nuwe plan teen die skerp styging in Covid-19-gevalle aangekondig. Hy sê dit gaan nie oor vryheid of persoonlike keuse nie, maar oor die beskerming van jouself en die mense rondom jou: