Gebrek aan onderhoud aan paaie skaad SA ekonomie

Die gebrek aan onderhoud aan baie van die buurland se paaie skaad na wat berig word die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit gebeur te midde van voortgesette beroepe op die regering om die behoorlike en tydige onderhoud van die land se padinfrastruktuur voorop te stel. Die bedryfskenner Petrus Potgieter sê die onderhoud van provinsiale en munisipale paaie bly een van die Departement van Vervoer se grootste uitdagings.