Gebed in die donker moet vermy word – aktivis

Talle Namibiese vroue is weer gevang met ‘n slenter in verband met geloof, God en ‘n selfverklaarde profeet. Dit gons op oomblik op sosiale media oor die Namibiese gospel-sanger Evaristus Kamangili. Kamangili vertel glo aan mense dat hy ‘n apostoliese profeet en ‘n selfverklaarde man van God is. Hy het na bewering talle vroue bedrieg en mislei om vir hom geld te gee in die naam van God. Hy het na bewering trou aan hulle beloof, sommiges het swanger geraak en Kamangili het die hasepad gekies. Jong vroue word gewaarsku om versigtig te wees vir swendelaars. Maatskaplike aktivis Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus gebedsessies wat in donker hoekies plaasvind, moet vermy word.