GBV-slagoffers is gereeld hulle eie vyande

Geslagsgebaseerde geweld bly ‘n uitdaging in Namibië. Die Namibiese polisie het toenames in gesinsgeweld, seksuele aanrandings en ander vorme van hierdie geweld aangeteken. In reaksie hierop het die regering en verskeie organisasies bewusmakingsveldtogte, wetgewende hervormings en gemeenskapsprogramme van stapel gestuur om die krisis te bekamp, maar die probleem duur voort. Zack Itodo, ‘n toegewyde voorspraakmaker vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê in baie gevalle is slagoffers hul eie grootste vyande want hulle meld nie sake aan nie.