Gazastad moet ontruim- IDF

Die Israeliese weermag het alle inwoners van Gazastad aangesê om suid na die sentrale Gaza-strook te ontruim, te midde van verskerpte operasies in die noorde. Pamflette wat deur vliegtuie laat val word, gee opdrag dat wat beskryf word as ‘n “gevaarlike gevegsone” via aangewese veilige roetes verlaat moet word. Die VN sê hy is diep bekommerd oor die ontruimingsbevele. Hamas sê Israel se hernieude bedrywighede dreig om onderhandelinge oor ‘n moontlike wapenstilstand en vrylating van gyselaars te ontspoor. Die Palestynse Red Crescent sê intussen dit het oproepe ontvang van sommige inwoners wat weens die intensiteit van bomaanvalle nie hul huise kan verlaat nie.