Gaza-sterftes – dis Hamas se skuld

Die Israelse weermag kom onder toenemende druk om burgerlike sterftes in Gaza te voorkom. Net om Khan Younis in die suide van die strook, is meer as 700 Palestynse burgerlikes dood in 24 uur. Een van die weermag se woordvoerders, luitenant-kolonel Jonathan Conricus, sê aan Amerikaanse media dit is nie hulle skuld nie, dis Hamas se skuld.