Gaza se grootste oorblywende hospitaal op rand van ineenstorting

Dokters Sonder Grense berig die Nasser-hospitaal, die grootste oorblywende mediese instelling in die Gazastrook, is nie in staat om mediese sorg te gee nie. Die hospitaal het swaar deurgeloop onder die voortgesette bombardering deur Israel se weermag. Daar is ongeveer 350 pasiënte in die hospitaal oor. Hulle is nie in staat om weg te kom nie omdat die personeel gedwing is om te vlug. Gaza se Gesondheidsministerie veroordeel die sistematiese aanvalle op gesondheidsorggeriewe.