Gaza open boksklub vir meisies

Boks: Die stad Gaza in Palestina het die eerste boksklub vir meisies geopen. Ongeveer 40 meisies word by die Palestynse Bokssentrum met sy volgrootte bokskryt en toerusting opgelei. Volgens die afrigter by die sentrum, Osama Ayoub, wil baie van die meisies aan die wêreldkampioenskap deelneem. Hy sê die sport bied aan die meisies die geleentheid om van stres en negatiewe energie van die daaglikse lewe ontslae te raak. Gaza is ʼn smal kusstrook waar nagenoeg 2,3 miljoen Palestyne woon, afgesluit deur Israel en die aangrensende Egipte.