Gaza meld eerste Omikron-geval aan

Die Palestynse ministerie van gesondheid sê die eerste geval van die Omikron-variant is in die Gaza-strook geïdentifiseer. Internasionale nuusagentskappe berig die bevestiging stel ‘n nuwe uitdaging vir die strook se onderontwikkelde gesondheidstelsel. Gaza, met ‘n bevolking van 2,2 miljoen mense, het byna 190 000 Covid-19-infeksies en 1 691 sterftes geregistreer. Ongeveer 40 persent van strook se inwoners is ingeënt.