Botswana-polisie ondersoek mensehandel, ook in Zim en SA

Die polisie in Botswana sê die ontdekking van ‘n minibus wat sewe kinders vervoer het, aanleiding gegee het tot ‘n ondersoek in mensehandel. Volgens die mag, kan die ondersoek tot in Suid-Afrika en Zimbabwe strek. Owerhede in die buurland het die aankondiging gemaak tydens die verskyning van ‘n Zimbabwiese burger, Eric Mpofu, 29 jaar oud, voor die Botswana landdros Chandapiwa Molefi. Mpofu word aangekla van mensehandel en owerhede in Botswana meen hy het die kinders probeer smokkel na Suid-Afrika.