Gaza: België onbeïndruk met Bibi

Brussel het die Israeliese ambassadeur, Idit Rosenzweig-Abu, ontbied nadat ‘n gebou van ‘n Belgiese ontwikkelingsagentskap in die stad Gaza gebombardeer is. Die minister van Buitelandse Sake, Hadja Lahbib, sê aanvalle op burgerlike infrastruktuur verbreek die beginsels van internasionale humanitêre reg. Die Belgiese ministerie van Ontwikkelingsamewerking het gesê hy is nie bewus van enige burgerlike ongevalle nie. Rosenzweig-Abu het ‘n ondersoek beloof. België is een van die lande wat ‘n beroep gedoen het vir ‘n blywende humanitêre skietstaking in Gaza en het Israel gekritiseer vir sy hantering van die konflik.