Raad van Kerke sê ook Suid-Afrikaners moet registreer

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om te registreer om te stem tydens die tweede en laaste registrasienaweek van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Die registrasienaweek is dié naweek aan die gang by verskillende stemlokale regoor die land. ‘n Woordvoerder van die raad, Malusi Mpumlwana, beklemtoon dis die demokratiese reg van elke Suid-Afrikaner om deel te wees van die stemproses. Mpumlwana sê deur te registreer om te stem, kan landsburgers hulle stem laat hoor en bydra om vorm te gee aan die toekoms van die land: